Die Covid-19 Inentings – onderwysers kan nou registreer. Wat moet jy weet?

Volgens die nuutste statistieke (8 Junie 2021), het Suid-Afrika nou meer as 1 699 849 bevestigde Covid-19 gevalle.  Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 57 063, die herstelkoers is egter 93%.

Ten spyte daarvan dat 479 768 gesondheidswerkers reeds tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt is en meer as 870 400 mense tydens die tweede fase ingeënt is, groei die Covid-19 infeksiesyfers steeds.

Daarom kan Suid-Afrikansers nie gaan slap lê met die voorsorgmaatreëls om Covid-19 te bekamp nie.

Die departement van gesondheid het onlangs aangekondig dat die inentingsproses nou oop is vir onderwysers. Met min of meer 45 skole in die Potchefstroom omgewing (Ikageng en Promosa ingesluit) besef ons dat daar baie onderwysers en ander ondersteuningspersoneel is wat kwalifiseer om vir die inentings te gaan.

 

Hier is wat jy moet weet van die inentings:

Byna half ‘n miljoen onderwysers en ondersteunings personeel word landswyd geteiken om binne drie weke die inenting te ontvang. Die departement van onderwys is vasbeslote om skole teen einde Julie weer teen vol kapasiteit normaal te laat voortgaan, dit beteken meeste onderwysers moet teen daardie tyd al die inenting ontvang het en immuun teen die virus opgebou het.

In ‘n berig wat deur Maroela Media gedeel is, word die voordele en nadele van die Covid-19 entstof direk aangespreek. Volgens Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA), is onmiddellike newe-effekte van enige entstof ‘n werklikheid, maar vreemde probleme sal beslis nie eers jare later kop uitsteek nie. Mense wat moontlik vreemde newe-effekte  opmerk, sal dit binne twee weke sien, maar niemand gaan maande of selfs jare later vreemde newe-eefkte opmerk nie, dis nie hoe die entstof werk nie, meen sy.

Lees die volledige artikel hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/om-te-laat-inent-of-nie-kenners-gee-raad/?fbclid=IwAR2gXRyGFrCHxX5S5382ri7yI9iY_AXlIrH43cVQJTCeDhYGbIZHSrFTkQM

Sonder die entstof is jou kans 100 uit 250 000 om siek te word, MET die entstof daal die syfer tot 15 voorvalle uit 250 000 waar mense ernstig siek kan word of sterf. Mense wat ingeënt is het ‘n verminderde kans op infeksie en behoort beskerm te wees teen die ernstige komplikasies wat met die Covid-19 virus gepaardgaan. Dit beteken minder hospitaalopnames en minder sterftes.

 

Jy worstel dalk met ‘n paar vrae soos:

Moet ek die inenting ontvang as ek alreeds Covid-19 gehad het?

Ja, jy moet. Daar is geen bewyse dat mense wat Covid-19 gehad het dit nie weer kan kry nie, wanneer jy dit dan weer kry, is jou kanse 75% minder om die virus tot ‘n ernstige mate te kry of dat dit fataal sal wees.

 

Hoe veilig is die inentings?

Enige inentings gaan deur baie streng toetse om seker te maak dat die veilig en effektief is, hierdie toetse was alreeds gedoen op duisende mense regoor die wêreld voordat die inentings aan die publiek vrygestel is. Verskeie nasionale en internasionale entiteite het die inenting noukeurig ondersoek om seker te maak dat dit veilig is.

 

Wat is die newe-effekte van die inenting?

Inentings word ontwerp om die ontvanger immuniteit te gee teen die gevare van ‘n virus of siekte, dit is egter normal om effense newe-effkte te kry soos bietjie koors en spierpyn. Hierdie newe-effekte wys net dat die inenting werk aangesien die liggaam daarop reageer en nou sy eie teen liggaampies op bou. Hierdie newe-effkte duur gewoonlik net ‘n paar dae. Dit is ook nie abnormal dat verskillende mense se liggame verskillend reageer op die inenting nie.

Ondanks die uitrol van inentings en die golf van nuwe Covid-19 infeksiegetalle, is daar steeds talle Suid-Afrikaners wat huiwerig is om die entstof te ontvang.

Die ontvang van die Covid-19 entstof berus by elke individu, jy moet self die voordele teen die nadele opweeg en besluit of jy die inenting wil ontvang, niemand sal gedwing word nie. Indien jy nog vrae oor die inenting het, besoek gerus die Suid-Afrikaanse Regering Webwerf hier:

https://www.gov.za/covid-19-coronavirus-vaccine-frequently-asked-questions

About M-Care Medical Centre

We are a Medical Practice with five medical doctors, two psychologists, a pharmacy, two qualified sisters, and a skin technician.

Follow Us on Social Media