Die griep-inenting is die mees effektiewe manier om teen verkoue en griep te veg. Dit werk deur ‘n onaktiewe virus te vat en dit te gebruik om jou liggaam se eie immuniteit op te skerp. Jou liggaam produseer teenliggaampies om teen die verkoue/griep virus te veg.

Die griep inspuiting is veral belangrik vir mense met  ʼn hoë risiko om ernstige komplikasies te kry asook vir mense wie saam met hoë risiko individue bly.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel die griep inspuiting aan vir die volgende mense:

  • Swanger vrouens
  • Kinders tussen ses maande en vyf jaar
  • Senior / ouer mense (65+ jaar)
  • Individue met chroniese mediese kondisies
  • Mediese / Gesondheidswerkers

ʼn Griep inspuiting stel jou nie vry om ooit verkoue of griep te kry nie. Dit kan wel moontlik wees om steeds verkoue kry na jy die entstof gekry het. Mense wie die inenting gekry het, is egter minder geneig om ernstig siek te word met verkoue as mense wie nie die inspuiting gekry het nie.

Maak altyd seker jy beoefen ook goeie higiëne deur jou hande gereeld te was, bedek jou mond en neus as jy hoes of nies. Probeer om so min as moontlik aan jou gesig te vat – dit versprei kieme.

ʼn Sterk immuunstelsel is van kardinale belang om virusse te beveg. Deur ʼn griepinspuiting te kry is een van die mees effektiewe maniere om jou immuniteit te verhoog en jou en jou familie te beskerm teen infeksies.

Jy kan ʼn griepinspuiting by M-Care Mediese Sentrum kry. Dis vinnig en gerieflik. Maak vandag nog jou afspraak 018 293 0232.

Die goeie nuus is dat meeste mediesefondse hierdie inspuiting dek en soms self hulle lede beloon wanneer hulle dit kry. Kontak jou mediesefonds om uit te vind of jy geskik is.

Die volgende mense moet eerder nie die entstof kry nie:

  • Babas jonger as ses maande
  • Enige persoon allergies vir eiers
  • Iemand wie koors het
  • Mense wie in die verlede al reaksies op die griepinspuiting gehad het.
M-Care flu vaccine
M-Care flu vaccine

About M-Care Medical Centre

We are a Medical Practice with five medical doctors, two psychologists, a pharmacy, two qualified sisters, and a skin technician.

Follow Us on Social Media